Om te glo in die opstanding van Jesus Christus
Hoekom kan ons nog glo in die Opstanding van Christus? Sir Lionel Luckhoo (wat bekendheid verwerf het vir sy Guinness Book of World Records 245 opeenvolgende moord-verhoor oorwinnings) gebruik sy jarelange ondervinding en skynbare uitstekende advokaats-vermoë om die saak van Christus se opstanding ongetywfeld te bevestig.
Genade en die gans andere God
Ek wil iets oorkom as ek hoor iemand praat van God as “die ou man daarbo“… so asof God deterministies die skepping “gestart” het en nou, soos ‘n afgetrede ou man maar net sit en kyk hoe hierdie “bal hardloop”; asof Hy niks meer kan doen aan die gang van Sy skepping nie. Hierdie soort beelde oor God gaan gewoonlik ook saam met ‘n beeld van God as ‘n polisieman, as ‘n pretbederwer; iemand wat met ‘n wakende oog oor ons wag hou … net om ons te “zap” as ons iets verkeerd gedoen het.
God en die lewe
In aansluiting by ‘n vorige blog oor ons konsep oor God, of Vader-begrip… Hierdie is ‘n verdere aflewering van my notas op die boekie wat ek tans lees; om uit Genade te leef deur Malan Nel.
Selfverwyt, Self-vergifnis en om ander te vergewe
Malan Nel se boekie, Om uit Genade te Leef – is amazing en ‘n heerlike troos en seën, want sien……..ek (ons almal?) sukkel mos maar eintlik om onsself te vergewe! Eintlik sukkel ons ook dikwels om ander te vergewe! Ek het al gewonder hoe die twee met mekaar verband hou…..?