Skip to main content
genealogie
| Genealogie

Genealogie van die Pienaars in Suid-Afrika

We are descendants of Jacques Pinard who arrived in South Africa in 1688 on the Voorschoten.  A Family Tree is available here.

Die Stamvader en stammoeders van die Pienaars in Suid Afrika is Jacques Pinard (1665 + 1713) en sy eerste vrou Esther Fouche (* 1666 + 1697), d.v. Besnard Foucher en Anne Bruére. Na Esther se dood is Jacques getroud met Martha Le Febre (* Kaap = 30.7.1684) d.v. Pierre Le Febre en Maria De Grave, wat in 1688 in die Kaap aangekom het, met hul seun Guillaume (* 1680). Die Le Febre gesin was van die dorpie Fleurbaix in die destydse Franse provinsie Artois afkomstig. Martha was hul tweede kind en is in die Kaap gebore.


Jacques (* 1664 + voor Des 1713 [49]) is afkomstig van La Beauce, Chartrain in Frankryk ('n ander bron verwys na Dreux en heelmoontlik 'n lidmaat van La Fontiane-sous-Prémont). Esther is afkomstig van dieselfde omgewing. Dit word vermoed dat sy die suster van Philippe Foucher was, wat ook op de Voorschoten was. As gevolg van die vervolging van die Protestante het hy en Esther na Nederland gevlug. Daar is hulle in die Franse Kerk St. Aechten in Delft op 10 Desember 1687 getroud. Hy was 23 jaar oud en sy 21 jaar. Hulle het drie kinders gehad voordat sy oorlede is in 1697. Een bron laat Guillaume uit in die nageslag registers. Pierre/Pieter is dus b1 en Jacques b2. Dis onseker wat van Guillaume geword het

tafelbaai de vorschoten

  1. Guillaume
  2. Pierre (Pieter) ~ 14 Mei 1690 x Johanna Terrier, weduwee van Cordier (b1)
  3. Jacques * 1692 x 21 Januarie 1714 Louise Cordier weduwee van Daniel Jacobs (b2)

Jacques trou in die Kaap met Martha (Marthe) le Febre (* Kaap = 30.7.1684) d.v. Pierre Le Febre en Maria De Grave. Sy was die eerste kind van Hugenote-ouers wat aan die Kaap gebore is. Martha was maar 14 jaar oud toe hulle getrou het in 1698 en het 6 kinders gehad:

  1. Martha ~ 23 Augustus 1699, jonk oorlede (b3)
  2. Marie-Madeleine 1701 x Antoine NORTJé (b4)
  3. Abel 1703 x 11 Julie 1734 Anna SCHEEPERS (b5)
  4. Esther gedoop 30 Oktober 1706 x Jacobus VAN DER MERWE (b6)
  5. Jean (Jan) 1708 x 27 Maart 1740 Catharina BOTHA (b7)
  6. Salomon 1710 x 1 September 1743 Sara OOSTHUIZEN (b8)

Jacques Pinard is in 1712 oorlede en sy weduwee trou op 3 Desember 1713 met Estienne Terreblanque, 'n vlugteling wat etlike jare na die hoofgroep vlugtelinge, na die Kaap gekom het. Jacques is een van die Hugenote wat die klagskrif teen WA van der Stel onderteken het ten tyde van die Adam Tas rebellie van 1706.

De Voorschooten - Kaap

Op 31.12.1687 vertrek Jacques en sy vrou saam met twintig ander Franse vlugtelinge op die skip Voorschooten na die Kaap Die Goeie Hoop. Die Voorschooten was die eerste skip wat met Franse vlugtelinge na die Kaap vertrek het. As gevolg van 'n sterk Suid- Ooste wind moes die Voorschooten op 13 April 1688 in Saldanhabaai ankers gooi. Die Jupiter is vanaf Tafelbaai gestuur om hulle na die Kaap te bring. voorschotenOp 'n vergadering van die Here XVII is besluit dat die vlugtelinge as vryburgers aan die Kaap gevestig moet word, as landbouers of om die ambag waarin hulle opgelei is te beoefen. Jacques was 'n skrynwerker. Die plaas "Lustig Aan" geleë aan die Wilde Paarde Rivier, in die omgewing van die Klein Drakensteinberge naby Paarl, is in Augustus 1694 aan Jacques en sy vrou toegeken. Op 27.8.1694 het hy oordrag van die plaas verkry in opdrag van Simon Van Der Stel, Goewerneur van "Cabo de goede Hoop". Die plaas se grootte was "58 Morgen en 150 Quadraat Roeden". Dit was geleë langs die plaas, "Wildepaardenjacht" van Philippe Foucher. Die Wilde Paarde Rivier is 'n tak van die Bergrivier wat deur die Drakensteinvallei loop. Die plaas Lustig Aan is in 1725 aan Louis le Riche verkoop. Die area waar die Franse en Hollandse Immigrante gevestig is, was bekend as die Drakenstein Kolonie, maar het onder die jurisdiksie van die Landdros van Stellenbosch geval. Jacques het ook die plaas Hartebeeskraal in Klein Drakenstein gekry op 21 April 1711. Die plaas het voorheen aan Matthys Michiel behoort. Volgens 'n inventaris inskrywing (Inventaris MOOC 8/3.2 van 30 Sep 1714), het Jacques 3 plase besit.

Voorschotten - first ship to leave Holland with French refugees, part of the autumnal fleet - sailing with this ship were Borssenburg, Oosterland, De Schelde, Berg China, Zuid-Beveland and Wapen van Alkmaar.

Voorschotten - from Delftshaven, Zeeland, NE, December 31, 1687 - flyboat with 3 masts and a rounded hull, 130 Dutch feet long - capable of carrying 150 people, captain Fs. Vellerius (Valerius) April 13, 1688 arrived at Saldanha Bay. Passengers transferred to ship Jupiter and April 26, 1688 arrived at Table Bay with 192 people:

  • Anne Souchay Charles Marais from Plessis, France -Catharina Taboureux Marais Claude Marais - 24
  • Charles Marais - 19
  • Isaac Marais - 10
  • Marie Marais - 6
  • Philippe Fouche Anne Fouche Anne Fouche - 6
  • Esther Fouche - 5
  • Jacques Fouche - 3
  • Marguerite Basche Bruere - 23
  • Estienne Bruere, wagon-builder - 23
  • Jacques Pinard - 23 - carpenter
  • Esther Fouche Pinard - 21
  • Pierre Sabatie, from Marriere - 23
  • Jean Leroux - 21
  • Gideon Malherbe - 25
  • Marie Grillon Malherbe Jean Paste - 25
  • Paul Godefroy - 22
  • Gasper Flouche - 21
  • Gabriel Le Roux - 17
  • 22 Huguenot.
Source:Coertzen, Pieter - "The Huguenots of South Africa 1688-1988", Tafelberg Publishers Limited, Cape Town, 1988 Contributor June 19, 1999 Sonia Tkachuk van Heerden.

Ship's Passenger List for Huguenot Ship Voorschoten to South Africa 1687 Belonged to the Chamber of Delft, Captain Frans Villierius. Left Delfshaven (Netherlands) on 31st December, 1687. Arrived at the Cape, 13 April, 1688.

  • Charles Marais (abt 1640-1689) and Catherine Taboureux (abt 1642-1729)
  • Claude Marais (1662-aft.1729)
  • Charles Marais (1668-1711)
  • Isaac Marais (1677-?)
  • Maarie-Madeleine Marais (1682-1716)
  • Philippe Foucher (abt 1657-1708) and Anne Souchay (abt 1659-aft 1708)
  • Anne Foucher (1681-1713)
  • Esther Foucher (1683-1689)
  • Jacques Foucher (1685-1689)
  • Gaspard Foucher (1667-1688)
  • Jacques Pinard (1665-1712) and Esther Foucher (1666-1697)
  • Gédéon Malherbe (1663-1713)
  • Estienne Bruère (1665-aft 1722)
  • Jean le Roux (1667-1711)
  • Gabrièl le Roux (1669-1711)
  • Pierre Sabatier (1665-?)
  • Jean Machepaste (1662-1689)
  • Paul Godefroy (1665-1699)
  • Marguerite Basche (1665-1688)

Volgens die monsterrol van Dragonders is ook die volgende Hugenote in 1713 oorlede: Francois du Preez, Jacob Pinard, Jean Cordier, Abraham de Villiers de jonge, Jean Roux de Blois, Anthonie Bastiaansz, Jan de Villiers en Daniel Jacob.

 

Sources: mostly Appendix 2 of "Hugenotebloed in ons are" by J.G. le Roux (1992; ISBN 0-7969-0566-5) and "French speakers at the Cape" by M. Boucher (1981, ISBN 0-86981-222-X) ;
ZJ Pienaar - Die Pienaars van Suid-Afrika
;
De Villiers/Pama Heese/Lombard JG le Roux en WG le Roux
Ons Drakensteinse Erfgrond Verwysingsmateriaal
CJ Pienaar "Die Franse Herkoms van Jacques Pinard"
GC de Wet Vryliede en Vryswartes in die Kaapse Nedersetting
Familia XXVIII 1991 no 4
http://gen.talentedpeople.com.au/getperson.php?personID=I894&tree=max
Contributor Lesley Robertson

Vrede vir jou

Kontak my gerus deur die aanlyn vorm.